Ons is tans besig om ou Afrikaanse liedjies wat in die FAK voorgekom het, op te neem. Ons verander nie die strukturele lirieke nie, maar skep 'n nuwe, vars produksie rondom die opname.
Die doel van hierdie projek is om die ouer, klassieke liedjies in die Afrikaanse liedereboek nuwe lewe in te blaas.
Ons neem hande met die Voortrekkers om hierdie produk aan soveel jongmense as moontlik bekend te stel. Ons glo dat daar baie lesse uit die verlede geleer kan word en dat 'n groot deel van daardie lesse in liedjies vasgevang is. Dit bied ook 'n alternatiewe opsie aan die jeug van Suid-Afrika as om net die moderne musiek te verbruik wat vir verslawing ontwerp is en nie noodwendig dieper waarde het nie.